Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
KYK: Groot diamant in Lesotho gevind
Die wit diamant van 46 karaat wat by die Liqobong-myn in Lesotho gevind is.

Firestone Diamonds het ’n enorme diamant van 46 karaat by sy Liqhobong-myn in Lesotho gevind.

Die steen sal in Januarie 2019 opgeveil word.

“Dit is baie goeie nuus dat ons die wit steen gekry het,” sê Paul Bosma, uitvoerende hoof van Firestone.

“Ons is ook baie gelukkig dat die prys van ons kleiner stene die afgelope tyd gestabiliseer het,” sê hy.

Die steen wat pas gevind is, is verreweg nie die grootste steen wat dié myn al opgelewer het nie.

Firestone het in Februarie 2017 ’n diamant van 110 karaat daar opgediep.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.