Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Loongeskil in goudsektor duur voort
Goud word in stawe gegiet.

Vakbonde en goudmynmaatskappye kon nog nie ’n kompromis oor lone in dié sektor bereik nie.

Onderhandelinge tussen AngloGold Ashanti, Harmony, Sibanye-Stillwater en Village Main Reef en die vakbonde Solidariteit, die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) en Uasa het reeds in Julie begin.

Die Mineraleraad van Suid-Afrika onderhandel namens die werkgewers.

Die raad het Woensdag in ’n verklaring gesê die vakbonde het altesaam 137 eise aan die goudmynmaatskappye voorgelê. Die werkgewers onderhandel om dié eise te verminder.

Die vakbonde het egter hul voet dwars gesit en het besluit om hulle tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) wend.

Dit selfs nadat die mynmaatskappye hul oorspronklike aanbod van ’n loonverhoging vir intreevlakwerkers van tussen 5,5% en 6,5% tot tussen 6,2% en 8,2% verhoog het en vir ander werkers van tussen 3% en 4% tot tussen 4% en 5%.

Die KVBA sal verskeie dispute wat vakbonde met die individuele werkgewers verklaar het, as een dispuut hanteer. Dié gesprekke het op 12 September begin.

Die raad sê hy sal sy gesprekke met die vakbonde weer op 20 September hervat.

Meer oor:  Solidariteit  |  Mineraleraad Van Suid-Afrika  |  Amcu  |  Num  |  Uasa  |  Goudmyne  |  Lone  |  Vakbonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.