Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Loonpakt in mynbedryf gee SA se gradering hupstoot

Suid-Afrika se kans om ’n kredietafgradering te vermy het ’n hupstoot gekry met die onlangse loonooreenkoms in die platinumsektor, het Moody’s Maandag gesê.

“Die ooreenkoms is kredietpositief vir Suid-Afrika en platinummaatskappye omdat dit ’n staking en die verlies van platinumproduksie verhoed,” sê die kredietgraderingsagentskap in ’n kredietontleding.

Moody’s gaan na verwagting sy volgende besluit oor Suid-Afrika se gradering teen einde November bekend maak.

Die driejarige loonooreenkoms is ’n week gelede bereik tussen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en die drie grootste platinummaatskappye in die land.

Die drie is Lonmin en Impala Platinum (Implats), asook Anglo American Platinum (Amplats).

Dit sal die “nodige stabiliteit na die mynbedryf en Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) bring”, sê Moody’s.

Volgens Moody’s het 2014 se uitgerekte staking in die mynbedryf die land meer as 1,3 miljoen onse in verlore platinumproduksie gekos, asook sowat R24 miljard of byna 1% van die BBP.

Die loonooreenkoms is die eerste keer sedert 2009 dat onderhandelinge glad verloop, sê die maatskappy.

Suid-Afrika produseer meer as 70% van die wêreld se platinum en hou sowat 80% van die wêreld se platinumreserwes.

Suid-Afrika produseer meer as 70% van die wêreld se platinum en hou sowat 80% van die wêreld se platinumreserwes. Die belangrikheid van mynwese in Suid-Afrika word tans “onderverteenwoordig”, sê Moody’s.

“Hoewel die bedryf sowat 8,6% van die BBP uitmaak, is baie sektore regstreeks of onregstreeks daarvan afhanklik vir hul inkomste.”

Moody’s sê die loonooreenkoms gaan waarskynlik ook verbruikers- en sakevertroue ’n hupstoot gee.

Moody’s gradeer Suid-Afrika se staatskuld steeds op twee trappe bo rommelstatus en ’n afgradering sal die land dus steeds op ’n beleggingsgraad hou. Dit beteken nie dat ’n afgradering nié ’n negatiewe reaksie op die mark tot gevolg sal hê nie.

Moody’s word wel as die mees optimistiese van die drie groot gradeerders gesien.

Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch gradeer staatskuld in buitelandse geldeenhede op die laagste beleggingsgraad.

– Fin24, Reuters

Meer oor:  Amcu  |  Moody's  |  Kredietgradering  |  Ekonomie  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.