Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Lurco verloor hofstryd oor Gupta-myn
Die ingang na die Koornfontein-steenkoolmyn buite Middelburg, Mpumalanga. Foto: City Press

Black Royalty Minerals (BRM) bly die nuwe eienaars van die Guptas se Koornfonteinmyn.

Dit volg nadat regter Elias Matojane Dinsdag Lurco se dringende aansoek by die hooggeregshof in Johannesburg om hom as regmatige koper aan te wys met koste van die hand gewys het.

Lurco het saam met Charles King en Westdawn Investments die aansoek gebring. Dié swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappy is op 20 Oktober deur krediteure van die Koornfonteinmyn as die gekose koper van dié bate aangewys.

Koornfontein het voorheen aan die Guptas se Tegeta Exploration and Resources behoort. Dit is in Februarie 2018 in sakeredding geplaas.

Lurco se blydskap dat hulle eindelik hul hande op dié bate kon kry, was egter van korte duur. Dit kom nadat ’n vereiste gestel is dat die volle koopsom van R500 miljoen binne vyf dae in Suid-Afrika moet wees. Toe Lurco dit nié kon regkry nie, is BMR as die gekose koper aangewys.

Ndavhe Mareda, voorsitter van die Makole Groep waaraan BRM behoort, sê in ’n verklaring dat die maatskappy verlig is oor die uitspraak.

“Die sakeredders kan nou gelos word om voort te gaan met hul werk soos dit in die goedgekeurde sakereddingsplan uiteengesit is,” sê Mareda.

“BRM is gereed om die myn weer in bedryf te stel, tot voordeel van werkers, die omliggende gemeenskap en ondernemings, sowel as vir die bevordering van plaaslike ekonomiese aktiwiteite. Noudat die aansoeke afgehandel is, kan die werklike werk begin om die myn weer in bedryf te stel.”

BRM besit reeds die Chilwavhusiku-steenkoolmyn in Bronkhorstspruit.

Mareda het voorheen gesê dat hy glo dat Koornfontein binne die eerste drie maande van 2020 weer kan begin steenkool lewer. Koornfontein het voorheen steenkool aan Eskom gelewer.

Meer oor:  Black Royalty Minerals  |  Guptas  |  Staatskaping  |  Mynbou  |  Mineraleraad  |  Steenkoolmyn  |  Koornfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.