Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mantashe: Werk aan Mynbou-handves is klaar

Werk aan die Mynbouhandves is klaar.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne.

Die dokument word Maandag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig en op Woensdag 19 September in die kabinet voorgelê.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het dit Vrydag in Johannesburg gesê toe hy gepraat het met die bekendstelling van die Mandela-myndistrik.

Hy kon egter nie sê wanneer die handves amptelik bekend gestel gaan word nie. “Dit hang van die kabinet af.”

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Donderdag op die kredietgradeerder Moody’s Investors Service se konferensie in Sandton, Johannesburg, ook gesê dié beleidsdokument sal binnekort afgehandel word.

Nene het gesê die regering besef beleidsekerheid moet dringend in dié sektor geskep word.

  • Die Mandela-myndistrik wat by die WNNR se kantoor in Melville, Johannesburg, gesetel is, is ’n inisiatief van die WNNR, die Mineraleraad van Suid-Afrika, Mintek en die departemente van minerale bronne en van wetenskap en tegnologie. Die doel hiervan is om navorsing wat mynwese in Suid-Afrika sal help ontwikkel, te ondersteun.
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Gwede ­Mantashe  |  Mynbou  |  Mynbouhandves
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.