Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Meer as 11 000 mynwerkers toets reeds positief
myne

Meer as 11 000 Suid-Afrikaanse mynwerkers is al positief getoets vir die koronavirus.

Luidens die jongste syfers wat die Mineraleraad van Suid-Afrika bekend gemaak het, is daar nou 11 449 positiewe gevalle in dié sektor.

Daar is tans 1 102 aktiewe gevalle en 10 221 het al herstel, terwyl 126 mynwerkers aan Covid-19 dood is. Die grootste voorkoms is steeds onder platinummynwerkers in Noordwes.

In die algehele platinumsektor is 5 376 werkers al positief getoets vir die virus, met 57 Covid-19-sterftes.

In Noordwes – waar die meeste van die platinummyne geleë is – is 4 937 werkers tot dusver positief getoets, met 47 sterftes.

Sifting vir simptome word daagliks gedoen vir die 332 038 mynwerkers wat reeds teruggekeer het werk toe. Altesaam 41 344 mynwerkers is tot dusver vir die virus getoets.

Meer oor:  Ekonomie  |  Mynbou  |  Koronavirus  |  Mynboubedryf  |  Covid-19  |  Inkomste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.