Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Meer as 37 000 poste op die spel in mynbou

Die Suid-Afrikaanse goud- en platinumsektor kan in die jongste vlaag afleggings meer as 37 000 poste verloor. Dit kom nadat Gold Fields Dinsdag gesê het hy wil sy arbeidsmag met meer as 1 500 besnoei (sien grafiek hieronder).

Dié afleggings is nie goeie nuus vir die mynmaatskappye se verhouding met die departement van minerale bronne of die vakbonde nie.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het mynmaatskappye daarvan beskuldig dat hulle “net op hul eie planne fokus” en nie werkers in ag neem nie.

Die vakbond Amcu het kort nadat Impala Platinum (Implats) op 2 Augustus aangekondig het hy kan oor die volgende twee jaar tot 13 000 werkers by sy myne by Rustenburg aflê, gedreig om te staak.

So beplan maatskappye sedert verlede jaar om werkers af te lê:

1. AngloGold Ashanti

AngloGold het in 2017 aanvanklik aangekondig dat hy meer as 9 000 werkers gaan aflê. Hy het dié getal sedertdien tot 2 000 verminder nadat hy twee van sy myne, Moab Khotsong en Kopanang, aan Harmony Gold verkoop het.

2. Lonmin

Lonmin, wat platinum buite Rustenburg in Noordwes ontgin, het reeds in 2017 gewaarsku sowat 12 000 werkers kan hul werk oor die volgende drie jaar verloor.

Sibanye-Stillwater het intussen aangekondig hy gaan Lonmin oorneem, maar waarsku herhaaldelik die werkers gaan desondanks steeds hul werk verloor.

3. Implats

Implats het op 2 Augustus aangekondig hy gaan sy arbeidsmag by sy mynkompleks, ook naby Rustenburg in Noordwes, met meer as 13 000 werkers verminder.

Die maatskappy gaan oor die volgende twee jaar herstruktureer.

4. Sibanye-Stillwater

Sibanye-Stillwater het reeds 2 025 werkers by sy Cook-goudmyn en 1 640 werkers by sy Beatrix-goudmyn in die Vrystaat afgelê. Hy het dié myne gesluit nadat hulle ’n ruk lank nie winsgewend bedryf kon word nie.

Gold Fields se South Deep-goudmyn suid van Johannesburg.Foto: Verskaf

5. Royal Bafokeng Platinum

Royal Bafokeng Platinum, wat sy Rasimone-platinummyn naby Rustenburg en sy Bokoni-platinummyn in Limpopo bedryf, het in 2017 aangekondig hy gaan 3 650 werkers by dié bedrywighede aflê.

6. Pan African Resources

Die maatskappy besit die Evander-goudmyn in Mpumalanga. Hy het in Mei 2018 aangekondig dat hy sowat 1 700 werkers as deel van ’n herstruktureringsproses gaan aflê.

7. Gold Fields

Gold Fields is die nuutste maatskappy wat aangekondig het hy gaan herstruktureer. Hy oorweeg dit om 1 560 poste by sy South Deep-goudmyn suid van Johannesburg te besnoei.

Altesaam 37 575 werkers se poste is dus in die gedrang of hulle is reeds afgelê.

Hierdie getalle sluit net die jongste vlaag herstrukturerings in. Heelwat meer werkers het reeds die afgelope vyf jaar hul werk verloor.

Meer oor:  Implats  |  Lonmin  |  Gold Fields  |  Sibanye-Stillwater  |  Mynbou  |  Platinum  |  Afleggings  |  Goud  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.