Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mense van Koingnaas in sak en as oor myn wat sluit

Werkloosheid in die Noord-Kaapse gehuggie van Koingnaas gaan die hoogte inskiet nadat ’n diamantmyn verlede week kennis aan sy werknemers gegee het dat die mynmaatskappy plotseling gaan sluit.

Veronica van Dyk, DA-LP, sê in ’n verklaring sowat 300 mense sal werkloos gelaat wees wanneer die mynmaatskappy West Coast Resources (WCR) sy deure sluit.

Die mynbedrywighede in Koingnaas, noord van Hondeklipbaai, het in 2015 begin.

Die probleme in die diamantbedryf spruit ook uit ’n ooraanbod van geslypte diamante wat tot skerper dalings in die pryse van ook ongeslypte diamante gelei het. Handelaars, diamantsnyers en -slypers word terselfdertyd onder druk geplaas deur valutaskommelinge en banke wat traer is om lenings toe te staan.

Van Dyk sê die mynbestuur het die werknemers van ’n voorlopige likwidasie ingelig. Dit sou op 18 Oktober in werking tree nadat ’n reddingspoging met ’n moontlike oorname deur ’n ander maatskappy misluk het.

Die aansoek om likwidasie word nou op 29 Oktober aangehoor.

“260 heeltydse werknemers en 69 tydelike werknemers het teen die einde van Junie 2018 ’n inkomste by die myn verdien.

“Die sluiting van WCR is baie slegte nuus vir die mense van Koingnaas. Honderde gesinne word nou deur ’n troostelose Kersfees in die gesig gestaar. Hulle weet nie wanneer en van waar hul volgende inkomste gaan kom nie.

“Al hoe meer werksgeleenthede by myne gaan verlore, terwyl die regering nie in mynbou belê nie. Dit is hoog tyd dat die regering eerder help om die bedryf op te bou as om dit af te breek.

“Die regering moet die Mynbouhandves skrap en die mynbedryf oopstel vir mededinging, beleggings en innovering sodat maatskappye kan floreer en mense werk kan hê,” sê Van Dyk.

Meer oor:  Koingnaas  |  Noord-Kaap  |  Mynsluiting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.