Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Minder mynwerkers toets positief vir virus

Dit lyk asof die mynbousektor ook ’n keerpunt bereik het met die getal werkers wat positief vir die koronavirus toets.

Covid-19
Daar is al 140 Suid-Afrikaanse mynwerkers aan Covid-19 dood. Foto: Argief

Net soos die getal nuwe gevalle landwyd begin daal het, het dit ook in die mynbousektor begin afneem.

In die week tot Donderdag 20 Augustus is 1 168 mynwerkers positief vir die virus getoets. Dit is bykans 22% minder as die 1 494 nuwe gevalle ’n week tevore.

Die afgelope week is 14 mynwerkers dood aan Covid-19. Dit is ’n daling van bykans 42% teenoor die 24 mynwerkers wat die vorige week aan die siekte dood is.

Sedert die uitbreking van die virus in die land is 12 617 mynwerkers positief getoets en 140 mynwerkers is dood.

Dit is luidens die jongste syfers wat die Mineraleraad van Suid-Afrika bekend gemaak het.

Van die sowat 450 000 mynwerkers wat werksaam is in dié sektor, het 337 762 nou teruggekeer werk toe.

Hiervan is 7 090 werkers wat uit Mosambiek (1 371), Lesotho (5 229), Eswatini (468) en Botswana (22) teruggekeer het werk toe.

Nikisi Lesufi, verantwoordelik vir omgewing, gesondheid en erfenisse by die Mineraleraad, sê die proses vorder dus goed om werkers wat burgers van naburige lande is weer terug te bring.

Sowat 4 392 van dié werkers wat moet terugkeer.

Covid-19

Lesufi sê die regte prosesse word gevolg om die werkers te help om deur grensposte te beweeg, en daarna vir ’n tydperk van 14 dae in kwarantyn geplaas te word, voordat hulle dan weer terugkeer werk toe.

Tebello Chabana, hoofbestuurder van openbare betrekkinge en transformasie van die Mineraleraad, het Donderdag in die raad se weeklikse bespreking van die stand van infeksies in die sektor gesê mynmaatskappye het steeds die nodige infrastruktuur om siek werkers te isoleer en te behandel.

Lindiwe Montshiwagae, verantwoordelik vir beleggersverhoudings by Royal Bafokeng Platinum (RBPlat), sê hulle het bestaande infrastruktuur in ’n hospitaal met 200 beddens omskep.

Sy sê dit is nie baie gebruik nie, aangesien daar minder infeksies was as wat verwag is.

Die maatskappy het die hospitaal op 1 Julie aan die department van gesondheid in Noordwes oorhandig om lede van die gemeenskap daar te behandel.

Teen dié tyd is daar nog net 190 van RBPlat se werknemers en 60 lede van die gemeenskap daar behandel.

RBPlat het tot dusver gehelp om sowat 5 000 lede van die gemeenskap vir die virus te toets.

Meer oor:  Mynwerkers  |  Mynbou  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.