Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mineraleraad: Ergste is dalk verby
161 mynwerkers is al in Suid-Afrika dood aan Covid-19. Foto: Argief

Dit lyk asof die mynbousektor moontlik oor die ergste is wat die verspreiding van die koronavirus in dié sektor betref.

Dr. Thuthula Balfour, hoof van gesondheid van die Minerale Raad van Suid-Afrika, sê Donderdag in die raad se weeklikse gesprek oor die stand van sake, hoewel hulle nie te gou bly wil word oor die nuutste syfers nie, blyk dit tog dat minder werkers nou die virus aansteek.

In die week tot 3 September is 831 mynwerkers positief getoets vir die virus. Dit verteenwoordig ’n styging van 6% in die totale getal mynwerkers wat positief getoets is teenoor die vorige week.

’n Week tevore was die week-tot-week-styging 11%.

Conroy van der Westhuizen van Glencore, wat aan die gesprek deelgeneem het, sê hulle is ook positief oor die stand van sake in die sektor.

Hy sê van hul isolasiegeriewe is tans leeg en geen werkers is die afgelope twee positief getoets vir die virus nie.

Sedert die uitbreking van die virus in die land is 15 149 mynwerkers positief getoets en 161 is dood.

Die afgelope week is 13 werkers dood aan die virussiekte.

Van die sowat 450 000 mynwerkers wat in dié sektor werk, is 348 257 nou terug by die werk.

Die meeste mynwerkers wat die virus onder lede het, werk in Noordwes. In dié provinsie is 5 715 mynwerkers positief getoets en 56 is dood.

Die meeste van die land se platinummyne is in Noordwes.

In dié sektor is 7 129 werkers positief getoets vir die virus en is 67 is daaraan dood.

Sedert die uitbreking van die virus het 14 562 mynwerkers reeds herstel. Tans is daar net 426 aktiewe gevalle van die virus in die mynbousektor.

Korona in myne

Meer oor:  Mynbou  |  Koronavirus  |  Mynboubedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.