Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Minste werkers nóg sterf in SA myne in 2019

Altesame 51 mynwerkers is in 2019 in Suid-Afrika se myne dood – 30 oftewel 37% minder as die vorige jaar.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het dié syfer Vrydag in Hatfield, Pretoria, bekend gemaak.

Dit is die minste mynwerkers tot nog toe wat in een jaar gesterf het. Dit is ook ’n beduidende verbetering teenoor die 81 werkers wat in 2018 dood is.

Wat betref beserings, het die situasie egter nie baie verbeter nie. Dié syfer het met net 2% van 2 447 in 2018 tot 2 406 in 2019 verbeter.

Luidens die syfers wat die departement bekend gestel het, was daar geen rampe in 2019 nie. ’n Ramp word beskryf as ’n gebeurtenis waarin vyf of meer werkers gelyktydig dood is.

Platinum is die enigste hulpbron waarin daar ’n beduidende styging in sowel sterftes as beserings was.

Luidens die syfers was sterftes en beserings soos volg vir elk van die groter hulpbronne:

  • Goud: Sterftes – 19 teenoor 2018 se 40; beserings – 732 teenoor 2018 se 905;
  • Steenkool: Sterftes – 7 teenoor 2018 se 9; beserings –224 teenoor 2018 se 169;
  • Platinum: Sterftes – 19 teenoor 2018 se 12; beserings – 1 151 teenoor 2018 se 1 049; en
  • Ander: Sterftes: 6 teenoor 2018 se 20; beserings – 299 teenoor 2018 se 324.

Ander myne sluit in chroom, mangaan, nikkel, koper, sand, diamante, sink, kalk, graniet en stene.

k

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.