Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Moody’s: Rand sal mynbou nie pla
AngloGold Ashanti se Mponeng-goudmyn.

Die wisselvallige rand gaan waarskynlik geen invloed op die Suid-Afrikaanse mynbousektor hê nie.

Moody’s Investors Service sê in sy nuutste verslag oor die sektor dat hoewel die rand onlangs beduidend verswak het, hy verwag dat hulpbronpryse in dollar ook in die toekoms gaan verswak.

Dit sal enige voordele wat mynmaatskappye uit die swak rand sou kon trek, teenwerk.

Suid-Afrikaanse mynmaatskappye trek enorme voordeel daaruit wanneer die rand teenoor die dollar verswak. Hulle verdien dollars, maar betaal hul koste in rand.

Moody’s waarsku dat mynmaatskappye egter steeds baie onder druk gaan wees. Hy sê hy verwag maatskappye gaan steeds alles in hul vermoë doen om koste te besnoei.

Dit sal ’n voorkeursaak wees om inflasie te beperk, veral wat met arbeid en elektrisiteit verband hou, waarsku Moody’s.

“Myne wat nie ’n wins maak nie, sal gesluit word en bedrywighede by dié wat grensgevalle is, gaan hersien word om te bepaal waar hulle in maatskappye se portefeuljes pas.”

Moody’s waarsku met dié dat die dollar die afgelope tyd voortdurende versterk het, dit hulpbronpryse onder druk gaan plaas.

Meer oor:  Moody's Investors Service  |  Rand  |  Dollar  |  Goudprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.