Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Motsepe se ARM verwag stewige wins
Patrice Motsepe

Patrice Motsepe, swaer van pres. Cyril Ramaphosa, se mynmaatskappy African Rainbow Minerals (ARM) het ’n goeie jaar beleef.

ARM sê in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, hy verwag dat wesensverdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde Junie met tussen 41% en 54% tot tussen R23,70 en R25,90 gaan styg in vergelyking met die vorige boekjaar.

Die basiese verdienste per aandeel gaan na verwagting met tussen 221% en 239% tot tussen R23,20 en R24,50 styg.

ARM sê die enorme styging is danksy hoër dollarpryse wat hy vir die meeste van die hulpbronne wat hy produseer verdien het.

Hy het ook sy steenkoolafdeling se skuld herstruktureer wat ’n bydrae tot dié wins gemaak het.

ARM myn yster-, mangaan- en chroomerts, asook platinum-groep-metale, koper, nikkel en steenkool.

Hy produseer mangaan- en chroomallooie en het ’n belang in Harmony Gold.

Die maatskappy gaan sy jaarsyfers op 7 September bekendmaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.