Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Myn dank werkers af, minder steenkool vir Eskom

Eskom gaan vir die volgende ses tot agt weke waarskynlik geen steenkool van die Vanggatfontein-steenkoolmyn kry nie.

Wescoal
Wescoal se myne lewer steenkool aan Eskom en die plaaslike mark. Foto: Verskaf

Dit kom nadat ’n kontrakteur, wat dié myn namens Keaton Energy bedryf, al 274 mynwerkers wat op ’n kontrakbasis vir hom werk, afgedank het.

Keaton Energy is ’n filiaal van Wescoal.

Wescoal sê Woensdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, hy het geen keuse gehad as om force majeure aan Eskom te verklaar wat betref dié myn nie.

’n Force majeure verwys na ’n onverwagte gebeurtenis wat nie een van die partye se skuld is nie en nie voorsien kon word nie.

Luidens die verklaring het 228 van dié werkers voorheen vir ’n ander kontrakteur gewerk wat Vanggatfontein bedryf het.

Dié kontrakteur het egter finansiële probleme gehad en is in sakeredding geplaas.

Al die werkers is toe oorgeplaas om vir die nuwe kontrakteur te werk wat by Vanggatfontein aangestel is.

Wescoal sê in die verklaring die werkers het sedert dié oorplasing onwettig begin staak en oproerig begin raak.

Die werkers het op 16 April die myn beset en volgens Wescoal sekere van die toerusting op die myn vernietig.

Al die werkers is dissiplinêr verhoor nadat ’n hofinterdik teen hulle bekom is, en daar is op 20 April besluit om almal af te dank.

Wescoal sê die kontrakteur sal onmiddellik begin om nuwe werkers te werf, maar hy verwag dit gaan bedrywighede by die myn nadelig beïnvloed.

Wescoal sê hy sal binnekort met Eskom vergader om die situasie te bespreek.

Die afdanking van die werkers beïnvloed geen van sy ander myne nie.

Meer oor:  Keaton Energy  |  Vanggatfontein  |  Eskom  |  Wescoal  |  Steenkool  |  Steenkoolmyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.