Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbedryf juig oor Gwede se wet-plan
Gwede Mantashe, minster van minerale bronne

Die vakbond Solidariteit en die Mineraleraad van Suid-Afrika het albei die besluit verwelkom om wysigings aan mynbouwetgewing terug te trek.

Die besluit om die wysigingswetsontwerp op mynbouwetgewing te skrap sal ’n lang tydperk van onsekerheid oor die grondwetlikheid daarvan vermy, het die Mineraleraad Donderdag gesê.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne gesê het hy gaan die kabinet vra dat die wetsontwerp wat opgestel is om die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne (MPRDA) te wysig geskrap word.

Die Mineraleraad (voorheen bekend as die Kamer van Mynwese) meen Mantashe se besluit is onverwags, maar het dit verwelkom, want dit “lyk soos ’n sinvolle stap gegewe die onderliggende redes vir die huidige vertragings om die wetsontwerp af te handel”.

Die vakbond Solidariteit sê die mynbousektor se soeke na beleidsekerheid sal ’n reuse-hupstoot kry as Mantashe se voorstel werklikheid word.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, skep die wysigingswetsontwerp al sedert 2013 onsekerheid en die onttrekking daarvan sowel as die finalisering van die Mynbouhandves voor einde vanjaar sal ’n groot struikelblok uit die weg ruim wat groei in die mynbousektor belemmer.

“Vakbonde moet deurgaans by afleggingskonsultasies en loononderhandelinge hoor dat die lae kommoditeitspryse, onsekere regulatoriese omgewing en hoë kragtariewe agter ? aflegging of lae salarisverhoging sit,” het Du Plessis gesê.

Volgens Du Plessis het die Mineraleraad al dikwels gesê mynmaatskappye sal miljarde rande se uitbreidings en ontwikkeling laat gebeur wat duisende werkgeleenthede kan skep mits die betrokke wetgewing en die Mynbouhandves hul beleggings sal beskerm en bevorder.

“As Mantashe dieselfde pragmatiese benadering met die Mynbouhandves kan volg deur die beperkende angels daarin te verwyder sodat die regering, mynmaatskappye, gemeenskappe en vakbonde oor die inhoud kan ooreenkom, bly Eskom-tariewe die oorblywende groot kwelling,” het Du Plessis gesê.

Die grondwetlike kommer oor die wysigingswetsontwerp bly onopgelos, sê die Mineraleraad in ’n verklaring. Dit sou voortgesette onsekerheid skep as verskeie rolspelers se regstappe teen die grondwetlikheid van die wetgewing hul pad deur die hofstelsel moes vind. Die onttrekking van die wetsontwerp is ’n toepaslike optrede. Die Mineraleraad hoop ’n nuwe wysigingswetsontwerp sal deeglik kennis neem van die aspekte waaroor voorheen reeds in uitgebreide gesprekke konsensus bereik is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.