Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou: As jy in gat is, moet jy ophou grawe?

Die Suid-Afrikaanse mynbousektor het ’n droewige Januarie agter die rug.

Die sektor het 3,3% minder minerale as ’n jaar gelede ontgin.

diamant
Die Venetia-diamantmyn naby Alldays in Limpopo.Foto: Verskaf

Dit is luidens die jongste syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag gepubliseer het. Dit is nou die derde agtereenvolgende maand dat mynbouproduksie agteruitboer.

In Desember was die syfer 4,1% minder en in November 5,2% minder as die jaar tevore.

Die kommoditeite wat die meeste gesukkel het en in Januarie tot die agteruitgang bygedra het, was ystererts (-27,7%), goud (-22,5%), diamante (-37%), steenkool (-6,4%) en chroomerts (-7,3%).

Die produksie van die platinumgroepmetale (PGM’e) het darem met 28,1% gegroei.

Seisoenaangepaste syfers wys dat mynbouproduksie op ’n maandgrondslag wel met 0,2% in Januarie gestyg het.

Dit volg op ’n daling van -1,6% in Desember en -5,7% in November.

Oor ’n tydperk van drie maande lyk die prentjie net so donker. In die drie maande tot einde Januarie het produksie met 4,7% teenoor die vorige drie maande gedaal.

Verkope

Ondanks die daling in produksie het Suid-Afrika in Januarie meer geld uit die verkope van minerale verdien.

Op R41,6 miljard was verkope 20,9% hoër as ’n jaar tevore.

Die verkope van PGM’e (+45,4%), ystererts (+41,1%) en steenkool (+11,8%) het gestyg.

Seisoenaangepaste syfers wys verkope teen huidige pryse het in Januarie op ’n maandgrondslag met 2%

gedaal. Dit volg op groei van 4,5% in Desember en 2,3% in November.

Meer oor:  Mynbou  |  Diamante  |  Ystererts  |  Goud  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.