Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou benut nie hulpbron-oplewing ten volle

Mynbouproduksie het steeds nie genoegsaam herstel om die huidige oplewing in hulpbronpryse ten volle te benut nie.

Kumba Iron Ore se oopput- ysterertsmyn in Suid-Afrika. Foto: Getty Images

Luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste verslag oor mynbouproduksie vir Januarie 2021 het die bedryf steeds nie herstel ná die aanvang van die Covid-19-pandemie nie, en dit produseer noemenswaardig minder grondstowwe as ’n jaar gelede.

Dit kom te midde van ’n wêreldwye oplewing in hulpbronpryse, wat tans onder meer die rand ’n beduidende hupstoot gee.

Mynbouproduksie was in Januarie 6,2% laer as ’n jaar gelede, terwyl die randwaarde van verkope ’n rekordvlak van R63,5 miljard bereik het, ten spyte van die laer volumes.

Pryse het die afgelope paar maande só gestyg dat die waarde van verkope met 24,9% op ’n jaargrondslag toegeneem het.

Op maandgrondslag het sowel produksie as verkope vooruitgeboer.

Produksie het met 4,5% toegeneem in Januarie teenoor Desember. Dis die eerste positiewe groei sedert Augustus. Die waarde van verkope het in een maand met 31% gestyg soos die oplewing in hulpbronpryse begin groei het.

Die grootste invloed op die trae mynbouproduksiesyfers was vanaf die platinumgroepmetale (PGM’e), wat met 14,5% gedaal het in Januarie teenoor die vorige jaar.

Dit het altesaam -3,5 persentasiepunte bygedra tot die -6,2%-inkrimping van mynbouproduksie in totaal.

In die tweede plek was steenkoolproduksie, wat met 13,5% gekrimp het en -3,5 persentasiepunte tot die totale agteruitgang bygedra het.

In die derde plek was goudproduksie, wat met 14,1% gedaal het en -1,6 persentasiepunte bygedra het tot die totale inkrimping.

Die oplewing in pryse is egter hoofsaaklik gekonsentreerd op PGM’e, goud en ystererts. Saam het hierdie drie metaalgroepe 28,3 persentasiepunte bygedra tot die 24,9%-styging in die waarde van totale verkope.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Covid-19  |  Steenkool  |  Platinum  |  Mynbou  |  Hulpbronne  |  Markte  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.