Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou: Die gat raak al hoe dieper

Die mynbou het ’n besonder droewige Februarie agter die rug.

Gold Fields se South Deep-goudmyn naby Johannesburg.

Die bedryf het 7,5% minder minerale as ’n jaar gelede ontgin, luidens die jongste syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag gepubliseer het. Dit was die vierde agtereenvolgende maand dat mynbouproduksie agteruitboer.

In Januarie was die syfer 3,3% minder, in Desember 4,1% minder en in November 5,2% minder as die jaar tevore.

Die kommoditeite wat die meeste gesukkel het en in Februarie tot die agteruitgang bygedra het, was diamante (-48,3%), goud (-20,6%) en ystererts (-20,7%).

Platinumgroepmetale (PGM’e) was net soos in Januarie ’n ligpunt vir die sektor.

Produksie van PGM’e het in Februarie met 17,8% gegroei nadat dit in Januarie met 28,1% gegroei het.

Seisoenaangepaste syfers wys dat mynbouproduksie op ’n maandgrondslag met 1,5% gedaal het. Dit volg op geen groei in Januarie nie en ’n daling van 15% in Desember.

Oor ’n tydperk van drie maande lyk die prentjie net so donker. In die drie maande tot einde Februarie het produksie met 5% teenoor die vorige drie maande gedaal.

Verkope

Ondanks die daling in produksie het Suid-Afrika in Februarie meer geld uit die verkope van minerale verdien. Op R38,6 miljard was verkope 10,6% hoër as ’n jaar gelede.

Die verkope van PGM’e (+36,0%), mangaanerts (+44,6%) en ystererts (+21,3%) het gestyg. Verkope in Februarie was egter beduidend minder as in Januarie (R41,6 miljard).

Seisoenaangepaste syfers wys verkope teen huidige pryse het in Februarie op ’n maandgrondslag met 5,6% gedaal. Dit volg op ’n daling van 3,2% in Januarie en ’n styging van 3,9% in Desember.

Meer oor:  Platinum  |  Mynbou  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.