Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou: Maar wat van die koronavirus, Gwede?

Dit is goed en wel Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, erken die tekort aan krag is ’n reuseprobleem vir die mynbousektor, maar dit help nie hy swyg oor ander kwessies nie.

Peter LeonFoto: Elvira Wood

So sê Peter Leon, senior vennoot van die regsfirma Herbert Smith Freehills, oor Mantashe se toespraak Maandag by die Mynbou-indaba in Kaapstad.

Hoewel Mantashe se aankondiging oor veranderings aan die vereistes vir maatskappye wat hul eie krag wil opwek verwelkom is, kla Leon dat Mantashe “ ’n paar groot olifante in die vertrek” geïgnoreer.

LEES OOK: Mantashe: ‘Ons maak plan met elektrisiteit’

“Hy het niks oor die jongste koronavirus gesê nie. China se ekonomiese groei sal vanjaar na verwagting weens die uitbreking van dié virus die eerste keer in jare tot onder 6% verlangsaam. Dit gaan ’n regstreekse invloed hê op Suid-Afrika se uitvoer van minerale na China,” sê Leon.

Hy is egter “nie verbaas” dat Mantashe niks oor grondonteiening sonder vergoeding gesê het nie, al is dit na sy mening een van die redes “waarom beleggers versigtig is om in Suid-Afrika te belê”.

“Hy het ook niks gesê oor die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA) se hofsaak teen die Mynbouhandves nie,” sê Leon.

Die MRSA het in Maart verlede jaar gesê hy het ’n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien vir ’n geregtelike hersiening van die jongste Mynbouhandves. Hy doen ook aansoek dat sekere klousules van die dokument ter syde gestel moet word.

China se ekonomiese groei sal vanjaar na verwagting weens die uitbreking van dié virus die eerste keer in jare tot onder 6% verlangsaam. Dit gaan ’n regstreekse invloed hê op Suid-Afrika se uitvoer van minerale na China.
Peter Leon

Mantashe het die jongste weergawe van die handves op 27 September 2018 bekend gestel.

Die MRSA se jongste aansoek handel weer oor eienaarskap ten opsigte van bemagtigingstransaksies. Hy meen die vereistes is onvolhoubaar.

Andrew Lane, wat verantwoordelik is vir energie, hulpbronne en nywerhede by Deloitte, meen veranderings aan die vereistes vir maatskappye wat hul eie krag wil opwek, is goeie nuus vir die mynbousektor.

Lane sê in ’n verklaring hy is ook beïndruk met Mantashe se verwysing na hernubare energie en dat dit ook deel is van die plan om die energiekrisis op te los.

Lane sê Mantashe se toespraak in geheel wys duidelik hy is toegewyd om saam met beleggers te werk om die beleidsraamwerk te verbeter en groter beleidsekerheid te skep.

“Dit is opvallend dat die minister die aard van die gesprekke met die sektor verander het, en dat ons die voordeel hiervan sien. Hy voer duidelik ’n meer regstreekse en produktiewe gesprek met die bedryf,” sê Lane.

Meer oor:  Eskom  |  Gwede Manta­She  |  Peter Leon  |  Mynbou-Indaba  |  Mynbou  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.