Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou: Produksie daal nog, maar daar is ligpunt

Suid-Afrika se myne blyk maar steeds nie die wiele behoorlik aan die rol te kry nie en mynbouproduksie was in Augustus 3,3% laer as ’n jaar gelede.

Suid-Afrika se myne produseer steeds nie teen dieselfde vlakke as voor die uitbreking van die Covid-19-pandemie nie. Foto: Reuters

Dit is ondanks myne wat teen daardie tyd reeds weer 100% van hul produksie kon hervat nadat dit vroeër die jaar weens die staat van inperking bykans tot stilstand gekom het.

Hoewel myne steeds nie dieselfde produksievlakke as ’n jaar gelede kon handhaaf nie, is dit wel ’n verbetering teenoor die groot inkrimpings wat die sektor in Mei (-29,5%) en Junie (-28,2%) ervaar het. In Julie het die produksie met 9,1% teenoor ’n jaar tevore gekrimp.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Dinsdag die jongste produksie- en verkoopsyfers vir die mynboubedryf bekend gemaak. Die grootste slagting in Augustus was by goud (-14,8%), ystererts (-18,1%) en steenkool (-4%).

Platinumgroepmetale (PGM’e) (12,7%) was egter ’n ligpunt.

Seisoensaangepaste syfers wys egter produksie vir Augustus het met 6,8% teenoor Julie gestyg. Dit volg op die maand-tot-maand-veranderinge van 20,3% in Julie en -0,7% in Junie.

In die drie maande tot einde Augustus was die produksie 27,5% hoër as die voorafgaande drie maande.

In dié tydperk het PGM’e (44%), ystererts (75,3%) en mangaanerts (52,6%) die grootste positiewe bydrae gelewer.

Verkoopsyfers

Ongeag die laer produksiesyfers het die verkoopsyfers beduidend gedurende Augustus gestyg. Hoër hulpbronpryse is die groot rede hiervoor.

Verkope was in Augustus 20,9% hoër as ’n jaar tevore.

Veral die verkope van PGM’e (63%), ystererts (39,3%), goud (7,6%) en ander nie-metaalagtige minerale (35,6%) was vir dié styging verantwoordelik.

Op ’n maandgrondslag was die verkope in Augustus 13,1% hoër as in Julie.

Dit volg op ’n maand-tot-maand-styging van 27% in Julie en -4,6% in Junie.

In die drie maande tot einde Augustus was die verkope 16,2% hoër as in die voorafgaande drie maande.

Meer oor:  Platinum  |  Mynbou  |  Ystererts  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.