Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou produseer steeds minder
Sibanye-Stillwater se Kroondal-myn.

Produksie in die Suid-Afrikaanse mynbedryf neem steeds af.

In April was produksie 4,3% laer as in die ooreenstemmende maand ’n jaar gelede, nadat dit in Maart met 8,5% op ’n jaargrondslag gekrimp het.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Donderdagoggend die nuutste syfers vir mynbouproduksie en -verkope bekend gemaak.

Ook op ’n maandgrondslag boer produksie agteruit. In April was produksie 2% laer as in Maart.

Op ’n jaargrondslag het die produksie van die platinumgroepmetale (PGM’s) met 6,5% gedaal.

“Ander” metale (-36,3%), diamante (-24,1%) en goud (-5,7%) het ook agteruitgeboer.

Ten opsigte van verkope lyk sake beter: Mineraalverkope was volgens SSA in April 6,1% hoër op ’n jaargrondslag.

Dit is ook 3% meer as in Maart 2018.

Op ’n jaargrondslag staan mangaanerts (+116,5%, wat 5,6 persentasiepunt tot die algehele styging bygedra het), steenkool (+10,6%; 2,9 persentasiepunt) en ander nie-metaalagtige minerale (+78,1%; 2,1 persentasiepunt) uit.

PMG’s (-18,6%) het -4,6% tot die algehele punt bygedra.

Meer oor:  Statistieke Sa  |  Ssa  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.