Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou trap water in 3de kwartaal

Die Suid-Afrikaanse mynbousektor trap water.

Luidens die jongste syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag gepubliseer het, het dié sektor in September met net 0,2% op ’n jaargrondslag gegroei.

Die verwerkingsaanleg van die Cooke-myn naby Randfontein.

Hoewel die groei nie beduidend is nie, is dit ’n verbetering op die inkrimping van 3,2% in Augustus.

Minerale wat in September goed gevaar het, is ystererts (8,2%), ander nie-metaalagtige minerale (13,6%) en ander metaalagtige minerale (38%).

Diamante (-15,7%), mangaanerts (-7,3%) en platinumgroepmetale (-2%) het egter swaar getrek.

Seisoensaangepaste syfers wys mynbouproduksie het in September met 1,5% gestyg teenoor Augustus. Dit volg op geen verandering in Augustus, maar ’n daling van 5,1% in Julie op ’n maandgrondslag.

Oor die drie maande tot einde September het produksie met 1,6% gedaal teenoor die voorafgaande drie maande.

Verkoopsyfers

Verkope was in September 15% hoër as in die ooreenstemmende maand in 2018. Dit volg op die toenames in Augustus (7,1%) en Julie (19,1%)

Verkope van goud het danksy ’n hoër goudprys met 94,9% gestyg.

Verkope van ystererts (+27,2%) en platinumgroepmetale (+22,4%) het ook gestyg.

Op ’n maandgrondslag het verkope in September met 0,8% gestyg teenoor Augustus. Dit volg op ’n maand-tot-maand-styging van 1,4% in Augustus en 3,3% in Julie.

Meer oor:  Mynbou  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.