Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou verras met groei van 2,4%

Die mynbousektor het vir die eerste keer in baie maande weer begin groei, met 2,4% meer minerale wat in Julie ontgin is as in die ooreenstemmende maand verlede jaar.

’n Mynwerker in een van Suid-Afrika se ondergrondse myne.Foto: Bloomberg

In Junie was die syfer -4,1% en in sowel Mei as April -1,1%.

Veral ystererts (+23,7%) en steenkool (+8,6%) het tot dié goeie syfer bygedra, luidens die jongste syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag gepubliseer het.

Die produksie van diamante (-39,1%) en goud (-13,1%) het egter gesukkel.

Seisoensaangepaste syfers wys egter mynbouproduksie het in Julie met 3,8% gekrimp teenoor Junie. Dit volg op maand-tot-maand-groei van 3% in Junie en 3,1% in Mei.

Oor die drie maande tot einde Julie het produksie met 4,1% toegeneem teenoor die voorafgaande drie maande.

Verkoopsyfers

Verkope was in Julie 19,1% hoër as in die ooreenstemmende maand.

Die verkope van ystererts (+117,3%), platinumgroepmetale (+38,5%), goud (+18,9%) en ander metaalagtige minerale (+58,5%) het gestyg.

Op ’n maandgrondslag het verkope in Julie met 4,8% gestyg teenoor verkope in Junie. Dit volg op ’n maand-tot-maand-daling van 2% in Junie en 0,5% in Mei.

Die hoër verkopesyfers vir goud volg op die beduidende styging in die internasionale goudprys.

Goud het aan die begin van Julie teen $1 384,19 per fynons verhandel. Teen einde Julie het die prys tot $1 413,78 per fynons gestyg.

Internasionale onsekerheid oor veral die handelsoorlog tussen die VSA en China het beleggers na beleggingstoevlugsoorde soos goud laat stroom. Dit het die prys ondersteun.

Meer oor:  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.