Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou weer in sak en as
Die Venetia-diamantmyn naby Musina in Limpopo.

Die hoop dat die mynbousektor weer ’n herlewing toon, was van korte duur.

Ná verrassende groei van 2,4% in minerale wat in Julie ontgin is teenoor ’n jaar tevore, het mynbouproduksie in Augustus met 3,2% teruggesak.

In Junie was die syfer -4,1%.

Die groot sondaars wat tot dié inkrimping bygedra het was platinumgroepmetale (PGM’e) (-12,5%), diamante (-29,8%) en steenkool (-3,4%).

Die land het darem 34,3% meer mangaanerts ontgin as ’n jaar tevore.

Dit is luidens die jongste syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag gepubliseer het.

Seisoensaangepaste syfers wys egter mynbouproduksie het in Augustus wel met 0,3% gegroei teenoor Julie. Dit volg op ’n maand-tot-maand-daling van 4,9% in Julie, maar groei van 2,4% in Junie.

Oor die drie maande tot einde Augustus het produksie met 1,3% toegeneem teenoor die voorafgaande drie maande.

Volgens Kamilla Kaplan, ekonoom by Investec, was die daling te verwagte. Sy het Donderdagoggend in ’n nota gewaarsku dat swak plaaslike vraag en kommer oor internasionale gebeure druk op die sektor kan plaas.

Sy sê ook dat stadiger groei in China en die VSA die internasionale vraag na hulpbronne kan laat daal.

Verkoopsyfers

Verkope was in Augustus 7,1% hoër as in die ooreenstemmende maand in 2018. Dit volg op die skerp toename van 19,1% Julie.

Verkope van ystererts (+31,2%), PGM’e (+15,2%), goud (+19%) en ander metaalagtige minerale (+67,6%) het gestyg.

Op ’n maandgrondslag het verkope in Augustus met 2,5% gedaal teenoor Julie. Dit volg op ’n maand-tot-maand-styging van 3,2% in Julie en ’n daling van 2,1% in Junie.

Meer oor:  Geldeenhede  |  Mynbou  |  Prospektering  |  Myne  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.