Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynbou daal, verkope bo R40 mjd.-vlak
’n Mynwerker berei ’n ondergrondse rotswande vir boorwerk voor.

Die oplewing in die Suid-Afrikaanse mynbousektor was van korte duur.

Nadat mynbouproduksie op ’n jaargrondslag in Augustus met 6,9% gestyg het, het dit in September met 0,9% gekrimp.

In Julie het dit met 0,9% op ’n jaargrondslag gestyg.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die nuutste syfers vir mynbouproduksie Donderdag bekend gemaak.

Op ’n maandgrondslag het produksie in September met 7% gekrimp nadat dit in Augustus met 6% en in Julie met 0,5% gestyg het.

Ysterertsproduksie, wat vir ’n groot deel van vanjaar die ster was, het ’n moeilike maand agter die rug. Op ’n jaargrondslag het produksie met 7,5% gekrimp vergeleke met die 9%-styging in Augustus.

Produksie van die platinumgroepmetale (PGM'e) het met 8,3% gekrimp.

Die enigste uitblinkers was ander niemetaal- minerale bronne (+32,2%) en mangaan (+35,8%).

Oor drie maande gemeet was mynbouproduksie 2% hoër in die derde kwartaal as in die vorige kwartaal.

SSA het ook die verkopesyfers vir Augustus bekend gemaak.



Dit het in Augustus op ’n jaargrondslag met 18,2% en op ’n maandgrondslag met 4,7% toegeneem.

Dit volg op die jaarstyging in Julie van 17,7%.

Die land het veral voordeel uit hoër verkope van steenkool (+16,1%), mangaan (+127,1%), goud (+20%) en PGM'e (+10,3%) getrek.

Suid-Afrika het R40,2 miljard se minerale in Augustus verkoop teenoor die R35,73 miljard in Julie en die R39,3 miljard in Junie.

Luidens SSA se syfers is dit slegs die derde maand sedert Januarie 2011 dat die land deur die R40 miljard-vlak in mineraalverkope breek.

Hy het R41 miljard in Junie en R41,7 miljard in Desember 2016 verkoop.

In Augustus 2016 is minerale ter waarde van R34 miljard verkoop.

Die verkopesyfers is ’n maand agter die produksiesyfers.
Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Ssa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.