Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Myne sukkel om op dreef te kom
Suid-Afrika se myne se produksiesyfers verbeter stadig maar seker. Foto: Reuters

Suid-Afrika se myne sukkel om behoorlik op dreef te kom.

Tog produseer hulle elke maand meer, soos wat die staat van inperking gelig word, en al hoe meer werkers kan terugkeer werk toe.

Mynbouproduksie was in Julie 9,1% laer as in Julie 2019 nadat dit in Junie 28% en in Mei 29,5% laer was as in die vorige jaar.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Donderdag die jongste produksie- en verkoopsyfers vir die mynbousektor bekend gemaak.

Myne kon reeds weer in Mei met produksie begin, maar aanvanklik net met 50% van hul arbeidsmag. Die sektor volg steeds streng gesondheidsprotokolle om die verspreiding van die koronavirus onder mynwerkers te voorkom.

Die grootste slagting in Julie was by ander metaalagtige minerale (-44,9%), steenkool (-8,5%), ystererts (-19%), chroomerts (-32,5%) en goud (-10,2%).

Seisoensaangepaste syfers wys egter produksie het met 20,2% in Julie gestyg teenoor Junie. Dit volg op ’n maand-tot-maand inkrimping van 1,9% en 50,5% in Mei.

In die drie maande tot einde Julie was produksie 3,7% hoër as die voorafgaande drie maande.

In dié tydperk was dit veral produksie van mangaanerts (34,9%) en platinumgroepmetale (PGM’e) (6,6%).

Verkoopsyfers

Die goeie nuus is dat myne ook weer meer minerale begin verkoop.

Verkope was in Julie 11,3% hoër as ’n jaar tevore. Dit volg op ’n daling van 14,2% in Junie.

Dit was veral die verkope van PGM’e (23%) wat gestyg het.

Ander minerale wat goed gevaar het, is goud (12,7%), steenkool (5,8%), mangaanerts (15%) en ander nie-metaalagtige minerale (40,9%).

Seisoensaangepaste syfers wys verkope in Julie was 24,3% hoër as in Junie. Dit volg op maand-tot-maand veranderinge van -3,3% in Junie en 26,7% in Mei.

In die drie maande tot einde Julie was verkope 3,5% laer as gedurende die voorafgaande drie maande.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Covid-19  |  Produksie  |  Mynbou  |  Myne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.