Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynwerkers eis ál meer van hulpfonds
Die Vergoedingsfonds kry al hoe meer eise van mynwerkers wat die koronavirus by die werk opgedoen het. Foto: Pixabay

Al hoe meer mynwerkers eis van die staat se Vergoedingsfonds (VF) nadat hulle die koronavirus by die werk opgedoen het.

Die departement van arbeid sê Donderdag in ’n verklaring veral Rand Mutual, een van twee maatskappye wat eise namens werkgewers behartig, het beduidend meer eise uit die mynbousektor, asook van werknemers in die yster- en staalsektor, ontvang.

Tot dusver het die fonds 5 986 eise vir Covid-19 ontvang. Daarvan was 3 782 regstreeks, 2 009 deur Rand Mutual en 195 deur Federated Employees, die ander maatskappy wat eise namens werkgewers behartig.

Rand Mutual is veral bedrywig in die mynbou- en yster- en staalsektor. Luidens die departement het dié maatskappy reeds R3,3 miljoen aan werknemers betaal. Rand Mutual het ook nog R18 251 vir begrafniskoste betaal.

Die VF het R419 182 uitbetaal vir mediese eise wat by hom ingedien is.

Eise wat ingedien is:

  • Wes-Kaap: 2 169
  • Gauteng: 2 121
  • Oos-Kaap: 820
  • KwaZulu-Natal: 530
  • Noordwes: 74
  • Mpumalanga: 74
  • Limpopo: 22
  • Vrystaat: 60
  • Noord-Kaap: 30
  • Onbekend: 64

Die VF sê van al die eise wat hy regstreeks ontvang het, is aanspreeklikheid vir 2 296 aanvaar, 544 is afgekeur en oor 942 moet daar nog beslis word.

Wat die Covid-19-pandemie betref, betaal die fonds vir die volgende:

  • • Tydelike ongeskiktheid terwyl die werker in kwarantyn of selfisolasie is of gehospitaliseer word;
  • • Mediese onkoste; en
  • • ’n Maandelikse pensioen- en begrafnisvoordeel aan die afhanklikes van mense wat aan die virus sterf.
Meer oor:  Mynwerkers  |  Mynbou  |  Vergoedingsfonds  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.