Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Mynwese verloor nóg poste
Die platinumsektor dank steeds duisende mense af.

Die land se platinumbedryf het in die jaar tot einde Maart nagenoeg 20 000 poste afgeskaf as deel van herstrukturering deur die groot mynmaatskappye.

Die jongste statistieke van die departement van minerale bronne wys dat indiensnemingsvlakke in die sektor skerp geval het tot selfs minder as in 2010.

Die laer vlakke sluit afgeskafte poste in wat die platinumreuse Lonmin en Anglo American Platinum vroeër aangekondig het.

Intussen blyk dit dat die verlies aan poste in die goudsektor gestabiliseer het met die huidige arbeidsmag op 115 000.

Vanjaar is die eerste keer in ­jare dat die land se goudmyne nie werkverliese aangekondig het nie.

Indiensneming by goudmyne het gestabiliseer.

Wat betref die steenkoolsektor, waar politiek deur vakbonde ’n mindere rol speel, krimp indiensneming steeds nadat die arbeidsmag in 2013 op ’n hoogtepunt van 90 000 was. In 2014 en 2015 het die bedryf van sowat 10% van sy arbeidsmag ontslae geraak.

Loononderhandelinge

In die platinumsektor is loononderhandelinge in ’n vroeë stadium nadat die Association of ­Mineworkers and Construction Union (Amcu) sy openingseise verlede maand bekend gemaak het. Die myngroepe moet nog hul standpunt openbaar maak.

Die loonooreenkoms wat Amcu in 2014 met die drie grootste platinummaatskappy bereik het, het reële lone vir intreevlak-werkers met sowat 14% verhoog.

Só verander poste in die steenkoolsektor.

Tog toon statistieke van die departement dat die gemiddelde loon in die goudsektor vinniger gestyg het as in die platinumsektor. Hoewel die gemiddeldes ­hoër besoldigde werknemers insluit, wys dit tog ’n algehele tendens.

Meer as die helfte van die waarde van Amcu se eise vanjaar hou verband met toelaes. Dit sluit in meer as ’n verdubbeling van die omstrede “living out”-toelae, hoewel dit eintlik reeds in die 2014-ooreenkoms so te sê van die tafel gevee is.

Die toelae is toe bevries, en mettertyd het dit in reële waarde al hoe kleiner geword.

Hoewel die gebruik tydens Suid-Afrikaanse loononderhandeling is dat partye met aanvanklik onrealistiese eise kom, blyk Amcu se openingseise totaal uit die ewewig te wees met die bedingingsmag wat sy lede uitgeoefen het in die verlede.

By Lonmin, vir wie Rapport ’n loonontleding onder oë gehad het, beteken Amcu se eise – insluitend die nuwe toelaes – ’n styging van tot 94% vir intree-vlakwerkers.

Daarsonder verteenwoordig die eis steeds ’n styging van meer as 60%.

Die 2014-ooreenkoms tussen Amcu en die platinumbedryf het ’n algehele styging van 27%, oor drie jaar, in vergoeding beteken. Die ooreenkoms is bereik ná ’n uitgerekte staking van vyf maande.

Meer oor:  Amplats  |  Lonmin  |  Amcu  |  Goud  |  Steenkool  |  Loononderhandelinge  |  Vakbonde  |  Platinum  |  Mynbou  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.