Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Nog lank voor Gupta-myne skuld betaal
Die Guptas se Optimum-steenkoolmyn. Foto: Bloomberg

Maatskappye in Middelburg in Mpumalanga wat miljoene rande geskuld word deur die Guptas se Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyn, gaan nóg langer vir hul geld moet wag.

Só waarsku Louis Klopper, die sakeredder van dié myne sowel as van die myne se moedermaatskappy, Tegeta Exploration and Resources, en vyf ander Gupta-maatskappye.

“In die hofsaak waarin Direko Mining ons as sakeredders wou verwyder, het die regter spesifiek beveel dat geen krediteure betaal mag word totdat die sakereddingsplan vir die myne goedgekeur is nie.

“Dié plan is steeds op ys omdat ons wéér regsoptrede teen ons het,” verduidelik hy.

Klopper sê die sakeredders sou op 8 Mei met krediteure vergader het om die plan te bespreek.

Dié vergadering is nou vir drie weke uitgestel nadat Charles King en Centaur Mining albei regstappe teen die sakeredders begin het.

Dié maatskappye dring aan om as krediteure in die sakereddingsplan erken te word.

Charles King is die Switsers gebaseerde maatskappy wat die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyne en die Optimum-steenkoolterminusmaatskappy vir R2,9 miljard by die Tegeta wou koop.

Charles King het reeds ’n deposito van R64,406 miljoen betaal.

Centaur het R885,3 miljoen, oftewel 35,7% van die bykans R2,7 miljard-koopprys wat Tegeta vir die myne en terminusmaatskappy betaal het, verskaf.

Klopper sê nie een van die maatskappye kan as krediteur van Optimum beskou word nie.

Die sakeredders het die transaksie met Tegeta gekanselleer aangesien hulle nie glo dit tot voordeel van die maatskappy is nie.

Die Reserwebank vra vrae oor die transaksie en die deposito, wat Klopper sê, reeds vir salarisse gebruik is.

Hy sê die hele kooptransaksie was in der waarheid net ’n rookskerm om geld van uit die buiteland by Tegeta vir dié doel te kry.

Lees ook: Charles King-transaksie vir Guptas se Optimum ’n klug

Oor Centaur sê hy het die geld aan Tegeta verskaf, en nie aan Optimum nie. Hy is dus nie ’n krediteur nie.

Volgens Klopper gaan die maatskappye aan wie geld geskuld word, dus moet wag totdat die hofsake afgehandel word, die sakereddingsplan aangepas word indien nodig, ’n nuwe vergadering met krediteure belê word én die plan goedgekeur word.

Dít is wat Gupta-myne skuld

Klopper het voorheen aan die Middelburg Observer bevestig dat die myne die volgende maatskappye geld skuld.

Optimum

  • Barlow Equipment: R2,7 miljoen
  • Barlow Toyota: R2 miljoen
  • Close Up Mining: R8,7 miljoen
  • Jef Drill & Blast: R5,8 miljoen
  • Midvaal Motor Engineering: R800 000
  • Musketeer Engineering: R4,9 miljoen
  • OH Frewin Printers: R5 400
  • Okusha Engineering: R313 000
  • Pencox Auto Air: R1,3 miljoen
  • Rhojan Construction: R10,5 miljoen
  • Rubgen Engineering: R40 000
  • Weir Minerals: R257 000
  • Steve Tshwete plaaslike munisipaliteit: R108 000
  • Jormid Electrical: R70 000

Koornfontein

  • Auto Spares: R103 000
  • Bearing Services: R112 000
  • J&L Lining and Construction: R703 000
  • Kutting: R619 000
  • Midvaal Motor Engineering: R1 700
  • Musketeer Engineering: R570 000
  • OH Frewin Printers: R33 000
  • Sandvik: R900 000
  • Steve Tshwete plaaslike munisipaliteit: R280 000
Meer oor:  Tegeta  |  Eskom  |  Guptas  |  Louis Klopper  |  Koornfontein  |  Optimum  |  Krag  |  Steenkoolkontrakte  |  Sakeredding  |  Steenkoolmyn  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.