Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Nóg ’n knewel in Lesotho ontdek

Die 12de diamant vanjaar van meer as 100 karaat is pas uit die Letseng-myn in Lesotho gemyn.

Dié diamant van 138 karaat is die 12de groot diamant wat vanjaar in die Letseng-myn ontdek is.Foto: Gem Diamons

Gem Diamonds, wat 70% van die myn besit, het die vonds van ’n wit tipe IIa-diamant van 138 karaat Woensdag bekend gemaak.

Letseng is die kimberlietmyn wat die hoogste dollarprys per karaat ter wêreld oplewer.

Dis die 12de groot diamant wat in 2018 in dié myn gevind word, wat ’n rekordjaar vir die maatskappy beteken.

Die vorige rekord, 11 diamante van meer as 100 karaat, is in 2015 opgestel, volgens Bloomberg.

In 2017 is agt knewels gemyn en in 2016 net vyf.

Gem Diamonds, wat sy hoofkantoor en notering in Londen het, besit benewens sy belang in Letseng, 100% van die Ghaghoo-myn in Botswana.

Die Lesotho Legend, wat in Januarie gemyn is, was op 910 karaat die vyfde grootste diamant nóg wat al gevind is. Dis in Maart vir $40 miljoen verkoop.

Die diamantgroep se aandeelprys het vanjaar al met 65% gestyg.

Meer oor:  Gem Diamonds  |  Lesotho  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.