SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Mynbou
Northam samel R1,35 mjd. in met skuldbriewe
Die ingang na Northam Platinum se Central-myn.Foto: Bloomberg

Northam, wat platinum in veral Noordwes ontgin, het R1,35 miljard met mediumtermynskuldnotas ingesamel.

Die maatskappy het dié aankondiging Woensdag ná marksluiting gemaak.

Die skuldbriewe was ’n private plasing en vorm deel van sy mediumtermynskuldbriefprogram ter waarde van R5 miljard.

Die skuldbriewe sal oor twee jaar uitkeerbaar wees en het ’n koeponwaarde van 2,5% meer as die drie-maande ZAR-Jibar-koers per jaar. Rente sal kwartaalliks betaal word.

Luidens Northam se finansiële state vir die boekjaar tot einde Junie het hy R3 miljard se skuld gehad.

Hy het wel ’n bedryfswins van R2,4 miljard in die jaar tot einde Junie behaal.

Northam het Woensdag 0,7% laer op R107,12 per aandeel op die JSE gesluit.

Meer oor:  Northam  |  Platinum  |  Skuldbriewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.