Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
OBK vergroot sy belang in Sibanye
Die ingang na die Sibanye-Stilwater-myn.Foto: News24

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het sy belang in die mynboumaatskappy Sibanye-Stillwater van 9,3% tot 10% vergroot.

Sibanye, wat op die Johannesburgse en New Yorkse aandelebeurs genoteer is, is nou die grootste platinumproduseerder ter wêreld nadat dit Lonmin oorgeneem het.

Dié transaksie van R5,17 miljard is in Junie afgehandel.

Die OBK sê in ’n verklaring hy het sy aandeelhouding in Sibanye van 9,397% tot 10,031% verhoog.

Die OBK bestuur die staat se pensioenfonds en bestuur bates van meer as R2 duisend miljard.

’n Onafhanklike kommissie wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangewys is, ondersoek tans bewerings van ongerymdhede by die OBK.

Sibanye se aandeelprys het Donderdag bykans 1% gestyg tot R26,04. Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.