Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Optimum: Guptas ‘meng nog in’ deur frontfirma
Die Optimum-steenkoolmyn, wat in sakeredding is.

Die lot van die Optimum-steenkoolmyn is wéér in die weegskaal nadat Eskom met ’n beweerde Gupta-geaffilieerde maatskappy saamgespan het om ’n finansieringsplan vir die myn te kelder.

’n Konsortium wat gelei word deur die regering se African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) het vroeër ingestem om R1 miljard aan Optimum se sakeredders te leen, maar dié transaksie is nou van die baan.

Louis Klopper, een van die sakeredders, het dit beskryf as ’n “geleentheid wat Optimum nie kan misloop nie”.

’n Nuwe tender-ronde om Optimum te koop vind in Julie plaas. Die R1 miljard-reddingsboei is nou baie verklein in afwagting van die nuwe tenderproses, het belanghebbendes die afgelope week gehoor.

Die speek in die wiel is Eskom en ’n maatskappy van Bermuda, Centaur Ventures, wat ooreengekom het hulle aanvaar nie die konsortium se aanbod nie. Optimum se sakeredders het vroeër in hofstukke aangevoer Centaur is ’n Gupta-frontmaatskappy. Die helfte van Centaur word besit deur Akash Garg Jahajgarhia, Vega Gupta se bruidegom by die berugte Sun City-troue.

Centaur en Eskom was tot onlangs vyande. Centaur het Eskom se eise teen Optimum – hoofsaaklik boetes vir swak steenkool – betwis. Centaur en Eskom se eise verteenwoordig 75% van al Optimum se skuld.

Centaur het verlede week die strydbyl met Eskom begrawe – oënskynlik nadat hulle ’n ooreenkoms aangegaan het.

Albei maatskappye het ’n belang daarin om Optimum se finansiering tot ’n minimum te beperk sodat dit so gou as moontlik verkoop moet word. Hul eise sal uit die verkoopsopbrengste betaal word.

Die sakeredders het in ’n nota aan alle belanghebbendes ’n sombere boodskap gehad oor werkers en ander skuldeisers.

“Eenvoudig gestel, is dit prakties onmoontlik om ’n suksesvolle sakeredding te verseker sonder die ondersteuning van die groot skuldeisers.”

Kim Polley, woordvoerder van AEMFC, sê hulle sal in Julie deelneem aan die bodproses om Optimum te koop.

Die sakeredders is al ongeveer 50 keer hof toe gesleep. “Die Gupta-familie en hul meelopers” probeer glo nog “deur die agterdeur” baat vind.

Meer oor:  Optimum-Myn  |  Eskom  |  Guptas  |  Sakeredding  |  Maatskappy  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.