Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Optimum-redders steeds aan die stuur
Die ingang na die Optimum-steenkoolmyn.Foto: Twitter

Kurt Knoop en Louis Klopper behartig steeds die sakeredding van agt maatskappye wat aan die Guptas behoort.

Klopper het op navraag gesê die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag die dringende aansoek om hulle te vervang onbepaald uitgestel.

Luidens ’n beëdigde verklaring wat deur Andile Qaku, die enigste direkteur van ’n maatskappy genaamd Deriko Mining and Exploration, by die hof ingedien is, is die twee sakeredders wat in Februarie aangestel is niks meer nie as “Gupta-pionne” wat net doen wat hul base sê.

Knoop en Klopper ontken hierdie bewerings in hul verklaring.

Oor die bewering dat hy ’n pion vir die Guptas is, sê Knoop die aansoeker “maak op bespiegeling, veronderstelling en afleiding staat om te beweer die reddingspraktisyns is aangestel om te doen wat die Guptas wil hê”.

Hy sê hierdie bewerings is lasterlik, dat Optimum onder die arendsoë van die media is en dat onder sulke omstandighede dit onwaarskynlik is dat hulle as die Guptas se pionne sou optree.

Meer oor:  Optimum  |  Louis Klopper  |  Kurt Knoop  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.