Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Optimum se eisers kry dalk R80 m.
Stakende werkers verlede jaar buite die Optimum-steenkoolmyn. Foto: Jeanne-Marié Versluis

Die inkomstelose werkers en verskaffers van die Guptas se Optimum-steenkoolmyn in Mpumalanga gaan dalk dié week R80 miljoen kry om asem te skep.

Die myn, wat botstil staan, gaan glo weer in bedryf gestel word, maar dit kan jare neem voordat die sakeredding daarvan afgehandel is.

Die myn se krediteure eis miljarde rande van Optimum.

Die R80 miljoen gaan hopelik dié week uitbetaal word nadat die sakeredders in die afgelope week ’n aanbod van ’n konsortium aanvaar het om die myn weer aan die gang te kry.

Die konsortium, onder leiding van die staatsbeheerde African Exploration Mining and Finance Corporation, het R1 miljard se finansiering daarvoor aangebied.

Bouwer van Niekerk, die sakeredders se prokureur, sê die uitbetalings vir werkers en verskaffers sal in sarsies gedoen word.

Nog R140 miljoen sal waarskynlik binnekort uitbetaal word.

Met die finansiering het die konsortium, waarvan die steenkoolhandelaar Lurca ’n lid is, ’n voet in die deur gekry as ’n moontlike koper van die myn. Maar die myn se krediteure sal uiteindelik moet stem wie die koper gaan wees, want Project Halo het vroeër ’n bod van R3,6 miljard daarvoor ingedien.

Van Niekerk sê Eskom en Centaur Mining, die grootste krediteure, se eise maak 75% van die totale eise teen die myn uit. Eskom het aanvanklik R2,8 miljard geëis, maar dit staan volgens die kragverskaffer nou al op tussen R4 miljard en R5 miljard. Centaur eis sowat R900 miljoen.

Die krediteure sal moet stem vir ’n koper wat die myn nog vir 20 of 30 jaar kan bedryf. Die myn sal hopelik binne ses weke weer kan steenkool lewer en die verwagting is dat hy binne ses maande minstens 200 000 ton per maand aan Eskom sal lewer.

Meer oor:  Mynbou  |  Maatskappye  |  Optimum-Myn  |  Bankrotskap  |  Mynboubedryf  |  Guptas  |  Likwidasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.