Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Outa beveilig geld vir Gupta-myne
Die Optimum-steenkoolmyn. Foto: Reuters

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê die trustgeld wat bedoel is vir die rehabilitasie van die “Gupta-myne” Koornfontein en Optimum is veilig.

Dié R1,7 miljard is danksy ’n skikking tussen Outa en die fondse se trustees onder die toesig van die departement van minerale bronne geplaas.

Die geld was tot nou toe bevries in rekeninge van die Bank of Baroda, die Indiese bank wat onlangs sy enigste Suid-Afrikaanse tak gesluit het.

Outa was bekommerd dat die trustees van die fondse nie onafhanklik was nie. Daar is ook bewys dat een trustee wel van die geld onttrek het.

Die geld mag nie gebruik word om die trustees se regskoste te betaal nie. Die trustees moet die regskoste uit hul eie sak betaal, sê Stefanie Fick, Outa se regshoof.

Outa het verlede jaar met ’n dringende tussentydse hofaansoek geslaag waardeur die geld van die Optimum- en Koornfontein-rehabilitasiefonds bevries is.

Die geld mag slegs aangewend word om die omgewing te herstel wanneer die twee steenkoolmyne se werksaamhede klaar is.

Louis Klopper, een van die sakeredders van die Koornfontein-myn, het dié week bekend gemaak hulle wil die myn aan ’n plaaslike mynboumaatskappy verkoop. Daar is egter geen plan om Optimum in die mark te sit nie.

Optimum lewer steenkool aan Eskom.

Die Britse maatskappy Vitol, deur middel van Ezimiwayo Consulting, het onlangs ’n ooreenkoms gesluit om 200 000 ton steenkool per maand van die Optimum- en die Koornfontein-myn via Richardsbaai uit te voer.

Meer oor:  Bank Of Baroda  |  Guptas  |  Louis Klopper  |  Outa  |  Steenkoolmyn  |  Koornfontein  |  Optimum-Myn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.