Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Platinum-myne pleit vir plan om bedryf te red
Ondergrondse bedrywighede by die Styldrift-myn van Royal Bafokeng Platinum.

Die Mineraleraad van Suid-Afrika het gewaarsku dat 90 000 poste in die platinumbedryf weens ’n kombinasie van stakings, swak vraag, daling in produksie en die stygende koste van elektrisiteit in gevaar is.

Die prys van platinum in dollar het sedert 2011 stelselmatig van rondom $1 800 per ons tot rondom $902 per ons gedaal.

Sowat 65% van die platinummyne in Suid-Afrika is op die oomblik teen die huidige prys net-net winsgewend of ly ’n verlies, het Roger Baxter, uitvoerende hoof van die raad, in ’n aanbieding gesê.

Hy meen drastiese stappe is nodig van beide die regering en mynmaatskappye om te keer dat die bedryf verdere verliese ly.

Die platinumbedryf is die grootste werkgewer in die mynbedryf met 168 000 mense wat regstreeks in die bedryf werk.

Die verkope van die bedryf het in 2018 sowat R105 miljard beloop.

Hy glo ’n “nasionale strategie vir die platinumbedryf is nodig”, want die bedryf kan nie net bly voortstrompel nie.

Die plan wat die Mineraleraad voorlê, behels ’n strategie wat groter investering in die bedryf kan aanspoor; om ’n mark te ontwikkel vir juweliersware wat van platinum en verwante metale vervaardig word, en die aanvaarding van platinum as ’n reserwebate soos wat goud tans is. Fin24

Meer oor:  Platinum  |  Mynbou  |  Afleggings  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.