Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Produksie van goud, koper krimp erg in September

Goudproduksie was in September ’n hele 19% minder as ’n jaar gelede, toon die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika oor mynproduksie.

Mynbouproduksie was in September 1,8% laer as ’n jaar gelede, teenoor die daling van 6,7% in Augustus. Foto: Bloomberg

Die algehele mynbouproduksie was 1,8% laer as ’n jaar gelede, teenoor die daling van 6,7% in Augustus.

Dis veral die skerp val in goudproduksie wat die totale syfer ondertoe getrek het.

Jason Muscat, senior ekonomiese ontleder van FNB, sê die laer goudproduksie het 3,1 persentasiepunte van die totale mynproduksie afgetrek, wat beteken dit sou positiewe groei getoon het as goudproduksie in September onveranderd was.

Muscat wys egter op ’n welkome verbetering in die produksie van platinumgroepmetale, wat met 7,2% gegroei het en 1,7 persentasiepunte by die totale produksiegroei gevoeg het.

Die produksie van ystererts, mangaan en diamante het met onderskeidelik 2%, 16,8% en 10% gegroei. Dit het gehelp om die skerp val van 45,2% in koperproduksie en die daling van 19,9% in nikkelproduksie teen te werk.

Muscat verwag die hele mynbedryf sal steeds dwarswinde ervaar namate internasionale ekonomiese groei verlangsaam. Dit kom ondanks die groter beleidsekerheid in Suid-Afrika nadat ’n hersiene Mynbouhandves uitgereik is.

Hy verwag mynbou sal ’n negatiewe bydrae tot die derde kwartaal se bruto binnelandse produk (BBP) lewer. Hy verwag mynbou se BBP-bydrae sal in die kwartaal met 5% krimp, en dit kan 0,5 persentasiepunt van die totale BBP-syfer aftrek.

Meer oor:  Platinum  |  Mynbou  |  Koper  |  Nikkel  |  Goud  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.