Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
PwC: SA myne staan sterk al druk pandemie

Die Suid-Afrikaanse mynbousektor het die Covid-19-pandemie baie goed hanteer.

Die hoër goudprys in dollar, tesame met die swakker rand, het baie plaaslike mynboumaatskappye gehelp tydens die Covid-19-krisis.

Dit is waarskynlik omdat die sektor die afgelope vyf jaar reeds verskeie stappe gedoen het om koste te bespaar en bedrywighede te optimaliseer.

Hulpbronpryse soos dié vir ystererts, die platinumgroepmetale en goud wat gedurende die pandemie in randterme die hoogte ingeskiet het, het ook baie gehelp.

Dit is die bevinding van PwC in sy jongste verslag oor die stand van mynbou in Suid-Afrika.

Andries Rossouw, vennoot vir mynwese en energie by PwC, het Dinsdagoggend in ’n voorlegging van dié verslag gesê as die Covid-19-pandemie vyf jaar gelede uitgebreek het, sou die sektor waarskynlik dit glad nie so goed kon hanteer soos wat hy nou kon nie.

k

“Ek glo nie maatskappye sou toe in staat gewees het om werknemers aan te hou betaal gedurende die staat van inperking nie, soos wat nou die geval was.”

Die groot mynmaatskappye het nie nét aangehou salarisse betaal nie, maar het ook groot bydraes gelewer om gemeenskappe in die gebiede waar hulle bedrywig is by te staan.

PwC se verslag, wat saamgestel is uit die finansiële state soos mynmaatskappye dit bekend gestel het, toon vir die jaar tot einde Junie het Suid-Afrikaanse mynmaatskappye se inkomste met 38% tot R594 miljard gestyg. Dit is teenoor ’n jaar tevore.

k

Hul uitgawes het egter met 36% toegeneem.

Andries Rossouw van PwC.

“Hoewel plaaslike maatskappye ’n baie hoër inkomste verdien vir hulpbronne wat in dollar verkoop word wanneer die rand swakker verhandel, het die wisselkoers steeds ’n invloed op ander uitgawes met produkte wat byvoorbeeld duurder kos,” verduidelik Rossouw.

Skuld verminder

Rossouw sê die maatskappye se hoër inkomste het dit vir hulle moontlik gemaak om hul skuldvlakke te verlaag, terwyl kontantvloei beduidend verbeter het.

Kontant wat uit bedrywighede gegenereer is, het met 50% tot R87 miljard gegroei.

Die verbeterde prestasie beteken ook dat mynmaatskappye vanjaar beduidend meer belasting gaan moet betaal.

Luidens PwC het mynmaatskappye gedurende die jaar R173 miljard aan belasting betaal. Dit is teenoor die R166 miljard van ’n jaar tevore.

Rossouw sê die finansiële situasie waarin die maatskappye hulle tans bevind, behoort hulle in staat te stel om bedrywighede uit te brei, sou hulle wou.

Hy sê egter dit is duidelik dat hulle baie versigtig is oor hoe hulle hul geld bestee.

Kragsekerheid nodig

Wat die toekoms betref, sê Rossouw een van die grootste kwessies wat ’n invloed op die sektor sal hê, is die beskikbaarheid van elektrisiteit.

Hy wys daarop dat beurtkrag ’n groot nadelige effek op die sektor het.

Rossouw sê dit is goeie nuus dat die regering nou wel kyk na ander bronne vir kragopwekking om dié probleem op te los.

Hy beveel ook aan dat mynmaatskappye moet aanhou om te moderniseer om te verseker dat hulle mededingend is.

“Die goeie resultate nou was nie omdat mynmaatskappye hoër produksievlakke of laer uitgawes gehad het nie, dit was bloot omdat hulpbronpryse weens die pandemie die hoogte ingeskiet het.

“Hulle kan dus nie hul toekomsplanne op dié pryse skoei nie,” sê hy.

Meer oor:  Pwc  |  Platinum  |  Mynwerkers  |  Mynbou  |  Koronavirus  |  Myne  |  Goud  |  Goudprys  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.