SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Mynbou
Randgold Resources stappie nader aan Barrick-troue
Randgold se Kibali-goudmyn in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Randgold Resources het Woensdag die goedkeuring van die oorweldigende meerderheid van sy aandeelhouers gekry vir ’n samesmelting met Barrick Gold.

Randgold, wat ’n sekondêre notering op die JSE het, sê Woensdag in ’n verklaring 95% van sy aandeelhouers het ten gunste van dié transaksie gestem.

Barrick Gold, die wêreld se derde grootste goudmynmaatskappy volgens markwaarde, het in September aangekondig hy gaan Randgold koop teen ’n geraamde waarde van $18,3 miljard.

Randgold sal na die transaksie van die JSE en die Londense aandelebeurs waar sy primêre notering is, denoteer.

Ná die samesmelting gaan die nuwe maatskappy op die NYSE en in Toronto genoteer wees.

Aandeelhouers van Randgold sal 6,1280 nuwe Barrick-aandele kry vir elke Randgold-aandeel wat hulle besit.

Dit sal die grootste goudmaatskappy volgens markwaarde ter wêreld skep, met ’n markwaarde van nagenoeg $23,8 miljard, volgens Forbes se lys van die markwaarde van Barrick ($15,7 miljard) en Randgold ($7,7 miljard).

Albei maatskappye se uitvoerende hoof bly aan in die nuwe goudreus. John L. Thornton, tans uitvoerende voorsitter, bly in dié rol, terwyl Mark Bristow, uitvoerende hoof van Randgold, die uitvoerende hoof van die nuwe Barrick-groep word.

Die transaksie is onderhewig aan reguleerders en aandeelhouers se goedkeuring. Dit gaan na verwagting in die eerste kwartaal van 2019 voltrek word.

Meer oor:  Randgold Resources  |  Barrick Gold  |  Mark Bristow  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.