Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Rubberkoeël eis lewe van betoger by Grootegeluk-myn

’n Inwoner van die Lephalale-gebied in Limpopo is dood nadat hy getref is deur ’n rubberkoeël afgevuur deur ’n private veiligheidswag wat Exxaro se Grootegelukmyn probeer beskerm het tydens ’n onwettige betoging.

Exxaro se Grootegelukmyn naby Lephalale in Limpopo. Foto: Exxaro

Exxaro het Woensdag in ’n verklaring gesê die voorval was Dinsdagoggend naby sy Grootegelukmyn. Dit sal ondersoek word.

Grootskaalse onrus duur al weke lank by die myn waar die gemeenskap eis dat die myn beter na hulle omsien, meer van hulle in diens neem en vaardighede aan hulle leer.

Hulle betoog al weke lank onwettig terwyl Exxaro in gestruktureerde bedinging met die plaaslike munisipaliteit is.

Exxaro sê die onrus het Dinsdag geëskaleer met betogers wat die veld om die myn aan die brand gesteek het. ’n Vervoerband het aan die brand geslaan.

Private veiligheidswagte het met rubberkoeëls gereageer. ’n Gemeenskapslid is getref en is op die toneel dood.

Exxaro is in gesprekke met die familie van die slagoffer en sal na aanleiding van die ondersoek verder met hulle skakel.

“Ons dra ons medelye oor aan die familie en gemeenskapslede oor hierdie ongelukkige lewensverlies,” sê die mynmaatskappy.

Exxaro se bedrywighede by Grootegeluk sal na verwagting nie wesenlik geraak word deur die onrus nie, sê Exxaro.

Meer oor:  Exxaro  |  Mynbou  |  Betoging  |  Myne  |  Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.