Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Saak oor SMS teen hoë van Implats laat vaar
Mark Munroe Foto: Argief

Klagte dat Mark Munroe, uitvoerende hoof van Impala Platinum (Implats) se bedrywighede in Rustenburg, die Wet op Rampbestuur oortree het, is teruggetrek.

Implats sê Dinsdagoggend in ’n verklaring alle strafregtelike klagte teen Munroe en die maatskappy is teruggetrek.

Dit kom nadat Munroe in April ’n SMS aan werknemers gestuur het om hulle in te lig dat dié maatskappy beplan om teen Dinsdag 14 April van sy bedrywighede te hervat.

Sy versoek was aan die hand van die vergunning wat die departement van minerale bronne en energie toe gemaak het, naamlik dat basiese bedrywighede by myne hervat kon word met die oog op instandhoudingsprosesse.

Munroe is in April in die landdroshof in Phokeng, Noordwes, op borgtog van R60 000 vrygelaat.

Johan Theron, Implats-woordvoerder, het toe gesê dis onduidelik hoekom die polisie besluit het die werkers wat teruggeroep is, verrig nié ’n noodsaaklike diens nie.

Meer oor:  Implats  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.