Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Saak oor water vir Elandsfontein-myn sloer
Die Elandsfonteinmyn naby die Langebaanstrandmeer. Die pyltjies wys waar water in en uit gepomp word om rondom die mynbedrywighede herlei te word.Foto: Elvira Wood

Omgewingsbewustes wat bekommerd is oor die uitwerking wat die Elandsfontein-fosfaatmyn op die Langebaanstrandmeer gaan hê, gaan nóg langer moet wag vir nuus hieroor.

Dit volg nadat die appèlverhoor wat betref dié myn se watergebruikslisensie nou uitgestel is om op 11 tot 13 Desember aangehoor te word.

Die verhoor sou op 22 Oktober begin.

Dit is luidens ’n verklaring wat Kropz Donderdag uitgereik het.

Kropz ontken dat daar enige ongerymdhede was toe dié lisensie aan hom toegeken is.

Hy het reeds in 2017 ’n afskrif van die watergebruiklisensie aan Netwerk24 verskaf.

Die West Coast Environmental Protection Association het appèl aangeteken nadat die hof voorheen beslis het dat die lisensie wél regmatig toegeken is.

Die mynperseel is bo op die Elandsfontein-akwifer geleë, ’n varswaterbron wat watertakke na die beskermde Langebaan-strandmeer het.

Teenstanders van die myn meen die moontlikheid is groot dat die strandmeer deur mynbedrywighede besoedel kan word.

Die myn is tans in ’n staat van bewaring en instandhouding. Die lae internasionale prys vir fosfaat asook veranderinge wat aan die mynontwerp gedoen moet word, is hoekom bedrywighede gestaak is.

Ian Harebottle, uitvoerende hoof van Kropz, sê Vrydag in ’n nuwe verklaring dat die maatskappy ’n memorandum van verstandhouding met die Russiese PhosAgro onderteken het waarvolgens die twee gaan kyk hoe hulle kan saamwerk om die Elandsfonteinmyn in bedryf te kan stel.

“Die sinergieë met PhosAgro sal Kropz toegang gee tot kundiges in alle stadiums van die verskaffingsketting; van eksplorasiewerk en uitvoerbaarheidstudies tot die konstruksie van myne, sowel as direk in die verkoopsmark,” sê hy.

Kropz het dié ooreenkoms geteken gedurende die Rusland-Afrika-beraad wat dié week in Sotsji, Rusland, gehou word.

Kropz het voorheen gesê hy hoop om die myn in 2020 in bedryf te stel.

Meer oor:  Elandsfontein  |  Fosfaatmyn  |  Mynbou  |  Omgewing  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.