Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Saak teen Aurora-direkteure wéér uitgestel

Die vervolging van Khulubuse Zuma en drie ander direkteure van die mynfirma Aurora weens omgewingsoortredings is weer eens uitgestel.

Khulubuse Zuma, neef van oudpres. Jacob Zuma en voormalige direkteur van die Aurora-mynmaatskappy. Foto: Jabulani Langa

Ná ’n aanvanklike verskyning op 28 Mei in die streekhof in Springs, toe die saak weens die afwesigheid van een van die vier beskuldigdes uitgestel is, was verrigtinge veronderstel om Maandag te begin.

Weens ’n aansoek deur die TV-nuus uitsaaier eNCA moet die hof nou eers beslis of die hofsaak uitgesaai mag word of nié.

Die saak sal nou eers op 7 Augustus hervat word.

Die direkteure, naamlik Khulubuse Zuma, ’n neef van oudpres. Jacob Zuma, Zondwa Mandela, ’n kleinseun van oudpres. Nelson Mandela, Raja Shah en Thulani Ngubane staan eNCA se aansoek teen.

Die staat betwis nie die aansoek deur eNCA nie, berig Fin24.

Die direkteure staan tereg op vyf aanklagte teen hulle wat verband hou met omgewings- en waterbestuursoortredings by die Grootvlei-myn naby Springs.

Al vyf aanklagte is hoofsaaklik gegrond op oortredings van art. 151 van die Nasionale Waterwet van 1998, asook oortredings van art. 94 van die Strafproseswet.

Die Grootvlei- en Pamodzi-myn by Springs is ook na bewering van al sy bates gestroop en 5 300 mense is werkloos gelaat.

Dié beweerde wanbestuur en plundery het ook daartoe gelei dat suurmynwater in die Blesbokspruit uitgeloop het. Dié spruit is gekoppel aan waterbronne wat na die Vaalrivier lei en dus ’n enorme waterbron in gedrang bring.

Meer oor:  Aurora Empowerment Systems  |  Khulubuse Zuma  |  Springs  |  Besoedeling  |  Hofsaak  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.