Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sasol wil glo mynbou-afdeling verkoop
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Sasol beplan glo om sy mynbouafdeling te verkoop.

Mense met kennis van die saak, maar wat anoniem wil bly, sê die petrochemiese reus gaan glo binne die volgende weke met die verkoopsproses begin.

Sasol se mynbouafdeling het luidens sy jaarstate in die 2018-boekjaar ’n omset van R20 miljard gehad.

Hy verkoop sy steenkool aan Sasol se ander bedrywighede.

Sasol se myne produseer sowat 40 miljoen ton steenkool per jaar. Sasol gebruik dit hoofsaaklik om brandstof daaruit te vervaardig.

Luidens die bronne beplan Sasol om ’n verkoopooreenkoms te sluit met die nuwe eienaar waarvolgens hy steeds steenkool by die myne sal kan koop.

Sasol sê in ’n e-pos hy het in November 2017 reeds gesê hy hersien al sy bedrywighede en sal bates verkoop teen pryse wat waarde skep vir die maatskappy.

Hy het geen direkte kommentaar gelewer oor die moontlike verkoop van die mynbouafdeling nie.

“Ons verkies om nie in hierdie stadium kommentaar te lewer oor watter bates ons beplan om te verkoop nie aangesien dit deel is van ’n gedissiplineerde en vertroulike proses,” lui die e-pos.

“Sasol sal die mark inlig soos en wanneer dit gepas is oor die vordering met die hersiening van ons bates.”

Die plan om van sy myne te verkoop kom te midde van Sasol se probleme in Amerika waar sy Lake Charles-projek sy spertye en begrotings oorskry.

Deur die myne te verkoop kan Sasol ook sy omgewingsverpligtinge verminder, veral omdat beleggers al hoe meer fokus op die invloed wat maatskappye op die omgewing het. – Bloomberg

Meer oor:  Sasol  |  Mynbou  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.