Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sibanye: 48 000% styging in wins soos goud floreer

Sibanye-Stillwater gaan na verwagting ’n kolossale wins aanteken vir 2020 soos die pandemie beleggers na goud gedryf en die pryse opgestoot het.

Goud word in ’n staaf gegiet. Foto: Bloomberg

Sibanye verwag dat hy vir die boekjaar tot einde Desember 2020 ’n wins van tussen R28,726 miljard en R29,898 miljard gaan aanteken wanneer sy resultate aan die einde van Februarie uitgereik word.

Dit is ’n enorme styging van 48 287% teenoor 2019 se R62 miljoen.

In sy handelsverklaring Vrydag sê die maatskappy die uitstekende resultate is te danke aan onder meer die groot styging in die goudprys tot gemiddeld $1 747 per fynons, wat in randwaarde in ’n gemiddelde prys van R924 724 per fynons omgeskakel het.

Die groep trek ook voordeel uit die swakker rand as in 2019. Die rand het in 2019 gemiddeld teen R14,46 per dollar verhandel, en teen 2020 tot ’n gemiddelde prys van R16,46 verswak.

Winste kon egter hoër gewees het. Volgens Sibanye het belasting op mynbou en maatskappybelasting noemenswaardig in 2020 gestyg.

Hy het ook geld verloor op sy dollar-gedenomineerde effekte wat hy teen ’n swakker wisselkoers moes terugbetaal.

Die maatskappy se wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting tussen R10,47 en R10,89 beloop, wat 55 keer meer as die wesensverlies per aandeel van 40c in 2019 is.

“Die verwagte toename in verdienste word ondersteun deur ’n stewige bedryfsprestasie van die groep vir 2020, ondanks die Covid-19-onderbrekings, en word deur hoër metaalpryse en ’n swakker rand gedryf,” sê Sibanye.

“Die produksiebydrae van die Marikana-bedrywighede vir die volle periode van 12 maande, ná die verkryging van Lonmin in Junie 2019, en die verwesenliking van aansienlike hoër as die voorspelde sinergieë, tesame met ’n noemenswaardige terugkeer tot winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse goudmyne ná die staking in die eerste helfte van 2019, was die belangrikste dryfvere vir die bedryfsprestasie.”

Sibanye het die Lonmin-platinummyn in 2019 gekoop. Dit maak hom nou die grootste platinumprodusent en die tweede grootste palladiumprodusent ter wêreld.

Sibanye sal op 18 Februarie sy voljaarresultate vir die 12 maande tot einde Desember uitreik.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Resultate  |  Mynbou  |  Goudmyne  |  Goud  |  Goudprys  |  Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.