Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sibanye Gold wil duisende mense afdank

Sibanye-Stillwater se beleërde Beatrix- en Driefontein-goudmyn het met ’n formele konsultasieproses begin wat tot duisende afleggings kan lei as omkeerplanne nie geïdentifiseer kan word nie.

Sibanye-Stillwater se Beatrix-goudmyn naby Welkom in die Vrystaat.

Die maatskappy het Donderdag in ’n Sens-verklaring gesê oorlegpleging met vakbonde het amptelik begin ingevolge art. 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Die mynskagte wat geraak word, is Beatrix 1, en skag 2, 6, 7 en 8 van Driefontein.

Die konsultasieproses evalueer die moontlikheid van herstrukturering van dié skagte na aanleiding van enorme finansiële verliese in 2018.

Goudprodusente se wins het in 2018 getuimel. Suid-Afrika het van die wêreld se diepste myne, wat duur is om te bedryf, en is ook deur arbeidsonrus en swak opbrengste geraak.

Volgens Sibanye probeer hulle steeds afdankings vermy, maar haalbare opsies bly die groep ontwyk.

“Die bestuur van Sibanye-Stillwater het al verskeie kere op forumbyeenkomste, wat gereeld met belanghebbendes (insluitende die vakbonde) gehou is, die finansiële risiko’s uitgelig wat verband hou met die onderprestasie van dié skagte.

Tot 5 870 mense – 9,6% van die maatskappy se arbeidsmag – en 800 kontrakteurs kan hul werk verloor.

“Pogings om gesamentlik ander lewensvatbare maatreëls te ontwikkel om werkverliese by die skagte te verminder, was tot dusver onsuksesvol.”

Tot 5 870 mense – 9,6% van die maatskappy se arbeidsmag – en 800 kontrakteurs kan hul werk verloor.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, sê in ’n klankopname die maatskappy verstaan die pleidooi van sy werkers, maar herstrukturering raak nou noodsaaklik ook om die poste van werkers by die groep as geheel te beskerm.

“Die oorweging van moontlike herstrukturering van dié aard word nooit ligtelik geneem nie en ons is bewus van die moontlike uitwerking op baie van ons kollegas,” sê Froneman.

“Ons beste pogings om die voortgesette verliese by dié bedrywighede om te keer, was egter onsuksesvol en die handhawing van die verliese kan die lewensvatbaarheid van ons ander bedrywighede bedreig.”

Volgens Froneman het soorgelyke herstrukturerings en afdankings volgens art. 189A al twee keer in 2013 en 2017 die winsgewendheid van die Beatrix-myn se skag 4 verseker.

“Ons hoop om doeltreffend met ons belanghebbendes te onderhandel om maniere te vind wat werksverliese sal verminder en dalk selfs vermy, terwyl ons ook wil verseker dat nóg werksgeleenthede nie in die toekoms bedreig sal word nie.”

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Mynbou  |  Werkloosheid  |  Goudmyne  |  Afdankings  |  Hulpbronpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.