Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Staking by Sibanye dalk gou verby

Amcu se lede wil nou hê dié vakbond moet die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se voorstel vir ’n loonooreenkoms met Sibanye-Stillwater aanvaar.

Sibanye-Stillwater se Beatrix-goudmyn.

Amcu het Dinsdag ’n duidelike mandaat van sy lede ontvang om die ooreenkoms wat deur die KVBA fasiliteer is te aanvaar sodat die dispuut tussen werkers en die goudmyn tot ’n einde kan kom.

Onder spesiale omstandighede waar daar genoegsame openbare belang is tree die KVBA in om sulke dispute op te los.

Amcu staak al sedert 21 November 2018 by Sibanye-Stillwater se myne.

Hy het begin staak omdat hy nie tevrede was met die loonooreenkoms wat ander vakbonde met die mynmaatskappy gesluit het nie.

Hy het toe probeer om die staking na die res van die sektor uit te brei. Sy lede sou dan by die myne van 15 ander mynmaatskappye gestaak het.

Die arbeidshof het egter Vrydag sy aansoek om só ’n staking van stapel te stuur, van die hand gewys.

Maandag was nóg ’n hofaansoek van Amcu van die hand gewys waar die vakbond ’n interdik wou bekom wat die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater sou keer om voort te gaan met ’n art. 189-proses ingevolge die Arbeidswet.

Sibanye-Stillwater het op 14 Februarie aangekondig dat hy sy goudmynbedrywighede gaan herstruktureer.

Luidens die verklaring wat hy toe uitgereik het, kan nagenoeg 5 870 werknemers en 800 kontrakteurs deur dié proses geraak word.

Amcu het aanvanklik tydens hul loondispuut ’n salaris van R9 300 vereis. Die KVBA se ooreenkoms maak nou voorsiening vir R5 700 wat ook terugwerkend bereken sal word.

Sibanye-Stillwater het nog nie self die ooreenkoms aanvaar nie, maar Amcu is, volgens ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, positief dat die leiding van die KVBA tot ’n “spoedige oplossing van die dispuut sal lei”.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Amcu  |  Edelmetale  |  Mynbou  |  Stakings  |  Vakbonde  |  Goudmyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.