Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sibanye mag nou inentings doen

Sibanye-Stillwater het akkreditasie ontvang om inentings by sy myne in drie provinsies te doen.

Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater mag nou ook inentings toedien. Foto: Unsplash

Die mynmaatskappy het in ’n verklaring gesê sy mediese geriewe by vier myne het akkreditasie gekry om werknemers in te ent teen die virus wat Covid-19 veroorsaak.

Die myn wil ook die familielede van mynwerkers en omliggende gemeenskappe inent.

Sibanye sê die vier persele is die Marikana-myn in Noordwes, die Libanon- en Driefontein-myn in Gauteng en die Beatrix-myn in die Vrystaat.

Inentings sal slegs geskied ingevolge die nasionale inentingsprogram.

Tans word slegs mense ouer as 60, gesondheidsorgwerkers en onderwysers geregistreer om die entstof te ontvang.

Dit verander nie omdat Sibanye nou ook die inentings kan verskaf nie.

“Ons is verheug dat ons akkreditasie vir ons mediese fasiliteite in drie provinsies ontvang het, wat ons in staat sal stel om te voldoen aan ons belofte dat ons belanghebbendes en die regering sal help met die toediening van entstowwe,” sê Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye.

“Die veiligheid en gesondheid van ons werknemers en die breër gemeenskappe waarin ons werk, is van die grootste belang. Ons verwelkom die rol wat ons kan speel om die regering met die inwerkingstelling van entstowwe te help. Dit is ’n uiters belangrike proses wat ons verheug is om mee te begin.”

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Mynbou  |  Inentings  |  Entstofprogram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.