Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sibanye-Stillwater het oog op New York
Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater.Foto: Elvira Wood

Sibanye-Stillwater oorweeg dit om sy primêre notering in 2021 na New York te skuif.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van die maatskappy, sê in ’n onderhoud met Bloomberg die styging in die prys van palladium en rodium gaan Sibanye-Stillwater help om teen 2020 sy skuld onder beheer te kry.

Hy sê krag- en watertekorte, ’n toename in misdaad en veeleisende regulasies in Suid-Afrika skrik beleggers af.

Die plan om Sibanye-Stillwater se primêre notering te skuif gaan nog twee jaar moet wag, totdat die maatskappy sy skuld na behore onder beheer het.

Froneman sê die skuif is om kommersiële redes en moet nie gesien word as ’n stap om uit die land te onttrek nie.

Hy sê van die maatskappy se platinummyne het ’n verwagte leeftyd van sowat 40 jaar.

“Om in die buiteland te soek na groei, is net ’n logiese uitbreiding van waar ons nou is,” sê Froneman.

“Geen definitiewe besluit is geneem nie, maar ek dink as ons sou groei, gaan ons ons primêre notering móét skuif omdat daar geen groei in Suid-Afrika is nie.”

Deur Sibanye-Stillwater se primêre notering te skuif, sal dit hom aan ’n groter groep beleggers blootstel. Hy sal ook toegang tot goedkoper kapitaal kan kry.

“As jy ’n ordentlike internasionale portefeulje van bates het en dan jou primêre notering verander, glo ek jy sal herwaardeer word omdat jy meer aanvaar word,” sê hy.

Sibanye-Stillwater het in 2016 die Stillwater-myn in Amerika vir $2,2 miljard bekom.

Dit is juis dié transaksie wat van hom ’n internasionale rolspeler gemaak het, maar wat ook tot sy groot skuldlas bygedra het.

Sibanye-Stillwater het Dinsdag teen R26,40 op die JSE verhandel. Luidens Iress gee dit die maatskappy ’n markwaarde van R70,4 miljard.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Mynbou  |  Notering  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.